Opinion

Gestremdes se behoeftes word misgekyk

'n Groep gestremdes in Randfontein het ons genooi om hulle toe te spreek na aanleiding van jare lange frustrasie in die dorp waar veral hul lewensruimte ingeperk word.

Ons is besig met ‘n omvattende ondersoek rondom die behoeftes van persone met gestremdhede in die provinsie.

‘n Groep gestremdes in Randfontein het ons genooi om hulle toe te spreek na aanleiding van jarelange frustrasie in die dorp waar veral hul lewensruimte ingeperk word.

Mense in rolstoele het aangedui dit is onmoontlik om ‘n diensterekening by die munisipale kantore te betaal omdat daar geen oprit is nie. Die oprit aan die agterkant van die kantore is onprakties omdat ‘n gestremde eers ‘n hek moet oopmaak en dadelik moet begin opbeweeg. Dit is amper onmoontlik om beide aksies gelyktydig uit te voer.

Die burgemeester se kantoor is ook onbereikbaar vir ‘n gestremde omdat daar 12 trappies daarheen is.

Gestremdes kla ook oor ongelyke oppervlakke op sypaadjies, hysbakke na die hofsale wat gereeld buite werking is, winkels sonder opritte en OTM’s wat te hoog is vir ‘n rolstoelafhanklike persoon.

Gehoor- en siggestremdes se uitdagings in veral Randfontein is legio omdat werksgeleenthede geweldig beperk is.

Ons gaan nie toelaat dat gestremdes se regte ingeperk word nie. Bejaardes en gestremdes leef in haglike omstandighede en word oorgesien deur die Rand West City Raad wat behuising betref.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button