Opinion

Wat van ‘n bewusmakingsveldtog in Randgate?

Veral Uniestraat en die blok rondom Randgate Kliniek is baie vuil en bestrooi met rommel.

Ek hoop dat die Herald sal kan help met ‘n bewusmaakveldtog rakende rommel.

Randgate is deel van ‘n sentrale sakegebied in Randfontein wat ‘n groot groep inwoners bedien met ‘n eersteklas kliniek, verskeie kerkdenominasies, besighede, mediese praktisyns, apteek en eetplekke wat binne loopafstand is vir talle mense.

Veral Uniestraat en die blok rondom Randgate Kliniek is baie vuil en bestrooi met rommel. Daar is onooglike lang gras en bossies.

Daar is wel enkele asblikke in Uniestraat maar is ongelukkig te klein. Dit word gereeld gevandaliseer en selfs gebreek.

Ek tel gereeld rommel op en van die besighede verwyder ook rommel.

Ons het die media nodig om hierdie maklik hanteerbare probleem sigbaar te maak. Elke persoon word geraak deur rommel wat in die strate, op die sypaadjies en in die stormwaterdreine gegooi word.

Nie net is dit onooglik nie, dit hou ‘n gesondheidsgevaar in vir mense, diere en ons omgewing. Dis gevaarlik en mense gly en val op gladde en nat sakke en papiere.

Baie dankie vir die geleentheid om hierdie skrywe te rig en u bereidwilligheid om dit te lees.

Related Articles

Back to top button