Waarheen nou?

My voorleggings aan hulle oor straatkomitees en petisies is afgelag.

Toekies verkeer in ‘n politieke wildernis en sprake van groener weivelde moet eerder uit die gedagtegang van die nedersetters verwyder word.

Almal wag in spanning om te sien watter hasie nou uit die hoed te voorskyn sal kom. Die gemeenskap staan by die kruispad en wonder watter rigting om in te slaan aangesien alle partye onverpoos streef om die agtergeblewe ‘kleurling’-gemeenskappe uit die ashope te verhef.

Vele het probeer en talle is verteer. Hulle probeer om die leer te bestyg en ‘ons’ is die leer.

Die hoofverwaarde rolspelers soos Patricia de Lille, dr Allan Boesak, Robert McBride en dr Wilmot James is algaar verpletterde ‘gekleurde’ politici.

Soweto now? (So where to now?)

Jakopregopstraat, wat grens aan die ‘vierhoeke’ waar ek woon, spog met vooraanstaande akademici in die regs- en onderwyspraktyk en tog is hul straat onbegaanbaar vir motorryers weens slaggate. Inwoners hier is politiek lusteloos en verkeer afgesonder agter geslote sekerheidshekke.

My voorleggings aan hulle oor straatkomitees en petisies is afgelag. (Begryplik.)

Ons is mos die voorwerp van bepotting vir die wêreld.

Exit mobile version