Ek is raad op met die geraas!

Ek het al soveel kere vir hulp gevra van die polisie en die burgemeester, maar dit val op dowe ore.

Goeie middag. In Randgate is daar elke dag mense wat voor my huis staan en drink en geraas maak met hul karre.

‘n Mens kan nie eens ‘n middagslapie vat nie soos wat hulle aangaan. Elke dag moet ek die polisie bel om die mense te vra om sagter te wees of om te ry.

Vra ek, as die persoon wat hier bly, word daar vir my gesê ek het ‘n probleem met nie-blankes, wat nie die geval is nie.

Ek het al soveel kere vir hulp gevra van die polisie en die burgemeester, maar dit val op dowe ore.

Ek kan nie eens mense oornooi nie weens die geraas.

Ek is raadop! Ek kan nie eens TV kyk sonder om al die deure en vensters toe te maak en die ‘surround sound’ aan te sit. My leefwyse moet nou om die mense gaan wat nie eens hier bly nie.

Wat anders kan ‘n mens doen? Ek vra vir hulp! Asb.

Exit mobile version