Dankie reaksie-offisiere, julle is ysters!

Ons is baie dankbaar vir wat Boz vir ons hier in Venterspos doen.

Ek weet nie of julle bewus is van die goeie werk wat Boz-sekuriteit in Randfontein doen nie.

Onlangs het drie van hul reaksie-offisiere ‘n rooftog gestop.

Een Donderdagaand om 11.20nm het een van Boz se reaksie-offisiere met die voornaam Tiaan ‘n verdagte silwer motor opgemerk wat in Andersonstraat in Venterspos stilgehou het. Drie mans het uitgeklim en toe oor die muur om ‘n selfoontoring gespring. Die reaksie-offisier het die beheerkamer in kennis gestel dat die verdagtes gaan inbreek. Hy het na die toring toe gery en toe die verdagtes hom sien, het hulle weggehardloop

Tiaan het die silwer motor genader en met die hulp van reaksie-offisiere Steven en Pieter ook van Boz is die voertuigbestuurder aan die polisie oorhandig.

Ons is baie dankbaar vir wat Boz vir ons hier in Venterspos doen.

Dankie manne, julle is ysters!

Exit mobile version