Opinion

Ons salueer vir Thembi en Desiree

Beide uit die strate van ons vervalle gemeenskappe.

Die Banyana Banyana top doelskieter Thembi Kgatlana, ons lieflingkind uit die bodem van Mohlakeng, was onlangs hier om die straatsokkerspelers waar te neem en het hul spel as ongelooflik bestempel.

Sy’t heel onlangs Suid-Afrika in Swede verteenwoordig. Dié land spog met die beste vroueliga ter wêreld. Sy hoop saam met Enrique van Wawa dat straatsokker- en netbalspelers na vore sal tree met hul griewe en tekortkominge.

Enrique en Thembi het by die ‘vierhoeke’ die jeug ernstig aangespreek oor wanpraktyke en hulle genooi om met hul riglyne na Wawa te kom. Beide het selfs die jong meisies daarop gewys dat daar wel mobiele netbalpale en oefenterreine bestaan met die nodige fasiliteite.

Die gemeenskap verrys danksy Wawa.

Thembi is in Kanada vereer as die beste Afrika-vrouesokkerspeler en Desiree Ellis as afrigter – albei uit die strate van ons vervalle gemeenskappe.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button