Opinion

Ai jai jai, arme Randfonteiners!

Moenie nee vir 'n antwoord aanvaar nie!

Arme Randfonteiners. Wie sal tog vir julle veg vir geregtigheid?

Gaan tog julle munisipale rekenings na vir die sogenaamde rioolheffing. Dit is verkeerd bereken.

Die heffing is veronderstel om bereken te word volgens die totale vierkante meter van jou woning; as jy byvoorbeeld in ‘n woonstel bly moet net jou woonsteleenheid bereken word en nie die totale oppervlak van die gebou nie, so hulle verkry ‘n fortuin in ekstra inkomste!

Slim plan, nie waar nie?

As jy ontevrede is met die bedrag wat jy alreeds betaal het, laat hulle dit korrigeer, moenie nee vir ‘n antwoord aanvaar nie!

Hulle het dit kamstig nou reggestel maar jy is glad nie daarvan in kennis gestel nie. Hoeveel maande het jy al die verkeerde berekening betaal?

Dring aan op ‘n krediet!

Related Articles

Back to top button