Saam kan ons ‘n verskil maak

Desember is 'n tyd om te gee. Kom ons gee om vir mekaar en respekteer ander.

Wat het geword van Oukersaand? Die dae toe Randfontein se hoofstraat toegemaak is en mense op vragmotors daar gery en Kersliedere gesing het?

Al waarvan mens lees is moord, dood en steel.

My man het in Randfontein grootgeword en hy sê dit was die mooiste en die skoonste dorp. My mond het oopgehang toe hy en iemand in die familie gepraat het oor hoe dit in Randfontein was.

Mag ons ophou om ander die skuld te gee en by onsself begin ondersoek instel en begin bid vir al Randfontein se inwoners. ‘n Mens kan baie meer doen as ‘n eenheid as wat elkeen net vir homself lewe.

Saam kan ons ‘n verskil maak.

Desember is ‘n tyd om te gee. Kom ons gee om vir mekaar en respekteer ander.

Exit mobile version