Opinion

Die wettiging van dagga word betreur

Dit is duidelik dat ons mense wydverspreid keelvol is oor selfvernietigende aktiwiteite.

Op nasionale vlak, vanaf Eersterus in die Noorde tot by die Kaapse Vlakte in die Suide, word die ‘kleurling’-gemeenskappe gesien as die skandvlekke van die nasie weens hulle volgehoue vergrype aan geharde dwelms en gewelddadigheid.

Die wettiging van dagga word betreur. Bendebedrywighede vier hoogty en word amper as ‘n kultuur geëien daarom het ons in beskaming amper niks en niemand verteenwoordig op Erfenisdag nie.

Treurig is die uwe en die AGS Pastoor, Alvin Dewrance met die verligte Choppas Adams by die dodeselle in Pretoria weggewys tydens ons besoek aan die kampioenbokser, Cameron ‘Kangaroo’ Adams en die Spalding-bendelid, Vivi Stuurman aangesien hulle die vorige dag tereggestel is weens bogenoemde bedrywighede.

Beide van Western Township waar Vivi se broer, Desmond ‘Twakkie’ Stuurman (in sy hospitaalbed doodgesteek) en die bendebedrywer Don Materra in hul jeugjare amok gesaai het.

Plaaslik het Choppas se vriend, Leslie Hogins, ‘n tragiese galgdood gesterf weens kwaadwilligheid voor hy hom in belofte aan die kerk kon toewy en sy gelofte gestand kon doen nie.

Dan is ons uitgetrede eerwaarde Freddie George se susterskind Pannas George wreedaardig vermoor in die tronkselle in Krugersdorp. Alle gevalle was dwelmverwant.

Western Township het weer ontvlam en het die ingryping van polisieminister Bheki Cele geverg om vlamme te bestry en die gemeenskappe tot hul sinne te bring.

Dit is duidelik dat ons mense wydverspreid keelvol is oor selfvernietigende aktiwiteite.

Related Articles

Back to top button