Uitbranding van Oom Kaalse se huis tragies

Ons gemeenskap staar 'n groot uitdaging in die gesig om die saggeaarde oom en sy kerkgebonde familie op die been te help.

Die gemeenskap betreur die tragiese algehele uitbranding van oom Willem Kaalse se huis, op die hoek van Oranjerivier- en Plumstraat verlede naweek.

Tergend aan sy van, het die wreedheid van die noodlot hom nie ontsien nie en hom van al sy geriefvoorsienende besittings ontneem, en hom letterlik kaal gestroop.

Die oorsaak van die gebeure is steeds vaag en berus nou by die bevindinge van die ondersoekspanne.

Goddank was daar geen lewensverlies of menslike vlammeblootstelling nie. Na die ongewenste dood van sy vrou #Aunt Vira, was die oom onder die sorg van sy kinders, veral een van sy dogters, Raylene.

Na die dood van sy vrou het hy hom, in ontwaking getrou aan die NG Kerk hiertoegewy, maar het weens kerklike tweespalt menslik ontspoor en hom weer aan ander vertroostende aktiwiteite blootgestel.

Gekwelde DA-raadslede en besorgde inwoners het nadergetree met ontfermende hulpbystand in die gees van lewensmiddelde en heropbou-inisiatiewe.

Daar het niks vir hom oorgebly in die gulsige vlammehel, selfs nie eers ‘n skoenveter nie. Finansiële bydraes of enige vorm van hulpbystand kan, soos verwag word by Baldrick, alle plaaslike kerke of persoonlik gedoen word.

Ons gemeenskap staar ‘n groot uitdaging in die gesig om die saggeaarde oom en sy kerkgebonde familie op die been te help. Die toestroming na sy verpletterde huis deur alle instansies en enkelinge was en is met een woord, oorweldigend.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version