Regstelling: Bladsy 8, 31 Augustus

Ons wil graag die volgende regstel wat op bladsy 8 in die gemeenskap-afdeling van die Herald se 31 Augustus-uitgawe verskyn het ...

Hiermee wil ons graag die volgende regstel wat op bladsy 8 in die gemeenskap-afdeling van die Herald se 31 Augustus-uitgawe verskyn het. Ons bedank Abri Erasmus vir die inligting — Red.

Die eerste toekenning is aan Letzi Lottering gedoen wat as ‘n ATKV klop die skouer-toekenning bekend staan. Randfontein Comenzo-tak het vir Letzi vir ‘n toekenning aanbeveel.

Haar CV is voorgelê en sy is deur ‘n raad van die ATKV-hoofkantoor vir die toekenning goedgekeur. Dit is dus op nasionale vlak aan haar toegeken vir al haar toegewyde werk in ons streek vir die bevordering van musiek en sang in Afrikaans en Engels onder ons jeug.

FOTO: Op die foto is Magon Mouton van ATKV-hoofkantoor, Abri Erasmus van Comenzo-tak en Letzi Lottering van Letzi Musiekskool. Magon Mouton het die oorhandiging namens die ATKV aan Letzi gedoen.

Die tweede toekenning is tydens die nasionale vergadering vanjaar aan die Comenzo-tak Randfontein gedoen vir die mooi werk wat die tak in die skole verrig.

“Ons as tak werk baie hard om ons jeug op die regte pad te hou en ondersteun ons jeug by alle skole op geestelike vlak deur boeke wat aan elkeen gegee word en in skoolverband besoek is,”.het Abri gesê.

Magon Mouton van ATKV-hoofkantoor het die oorhandiging aan Abri Erasmus van Comenzo-tak gedoen vir hul harde werk.

Albei oorhandigings is op een aand by Woord en Lig Christen Kerk gedoen waar Letzi Musiekskool se kinders opgetree het.

Exit mobile version