Die grond- en huisonteiening debakel

Familievetes spruit grotendeels uit titelaanspreeklikheid, besitreg en onopgeëiste boedels onder die nasate van die gestorwenes.

Die nasionale debakel rondom grond- en huisonteiening het nou ‘n nuwe afskuwelike kleur aangeneem in byna die algehele Toekies na die afsterwe van regmatige huiseienaars.

Familievetes spruit grotendeels uit titelaanspreeklikheid, besitreg en onopgeëiste boedels onder die nasate van die gestorwenes.

Oor die algemeen gaan die gonsery meestal oor meubels, voertuie, klerasie, lewenspolisse, uitstaande surplusse en aftreegelde. Gewoonlik is daar nie ‘n laaste wensbrief nagelaat nie.

Dit bemoeilik en beduiwel die algehele situasie. Aanspraakmakers uit alle oorde van die familieverwantskap dring aan op die titel en oorname van die nagelate eiendom en dit verg die tussenkoms van vuurbestryders.

Ons sit nou juis met ‘n turksvy en eindelose hofverrigtinge in dié verband. Ek verwys na myself en my gestorwe grootneef Oupa ‘Djap’ Adams wat my sieklike vader, met sy vrou Aunt Lena, tot in sy dood versorg het. Onbetaalbaar!

Onder my algehele familiekring is my pa aangespreek as ‘Oom Pap’ – pappa vir die onkundiges, aangesien hy hoofsaaklik die broodwinnaar en sorggewer was van die algeheel.

Hieroor moet sinnelose redenaars eerder die vinger op die mond lê aangesien alle voorleggings in my besit is.

Dalk moet ons gemeenskap ‘n unie saamroep wat huishoudelike struwelinge kan aanspreek om verbrokkelde familiebande te herverbind. Op die netjies versorgde Monument-grafsteen van my ouers staan die Bybelverwysing duidelik, naamlik Psalm 90 vers 10: ‘Die dae van ons lewensjare, daarin is 70 en as jy sterk is 80’. Ten sterfte was my ma 70 en my pa 80.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version