Opinion

Rus Madiba rêrig daar?

Dit was roerend om die oues van dae so droefgeestig te sien op 'n geskiedkundige dag.

Wêreldwyd, op Woensdag 18 Julie, het die eeufeesviering van die ontslape oudpresident Nelson Mandela gepaard gegaan met lofbetuiginge en gesellighede, maar het treurig geboemerang in uitsluitlik die verlate Toekomsrus.

Van die oggend vroeg tot laatmiddag het sy tyd- en strydgenote in die son by die gemeenskapsaal rondgesit in afwagting van ‘n huldeblyk en kelkieklinkgeleentheid op hul held.

Treurig het ons onvoldoende beplanning en gebrekkige kommunikasie alle vooruitsigtinge heel omver gewerp. Dit was roerend om die oues van dae so droefgeestig te sien op ‘n geskiedkundige dag.

Heelgoed was ons laaste Grootmoeder, Mammie Sarah Wangra, wie vanjaar in Oktober ook 100 jaar bereik (soos vroeër berig) nie teenwoordig nie. Geen gesondheidsredes. Die samekoms is uit verleentheid uitgestel tot Vrydag, 20 Julie. Verlede jaar het die bejaardes met hul ANC-frokkies die nasionale volkslied uit volle bors opgedra aan die ‘outeur’ Madiba, deur wie hulle feestelik vergas is op die dag van die bejaardes.

Aunt Lu het nes die seun met die vyf brode en twee vissies in die Bybel, die hongerpyne van sommiges gestil met ‘n gekoopte heel brood en pakkies aartappelskyfies.

Die kind is nie dood nie! Madiba se gunsteling aangehaalde gedig van Ingrid Jonker, wat volgens haar minnaar, die digter AP Brink, uit die lewe weggeloop het. Die bejaarde kind lewe voort in Guguletu, Langa en ten einde: Toekomsrus.

Rus Madiba rêrig daar? A luta continua …

Related Articles

Back to top button