Herald kan julle help, asseblief!

Ons vra asseblief dat julle namens Randfontein vir ons baklei.

Herald, ek weet ons almal vra seker die onmoontlike, maar wraggies. Ons vra asseblief dat julle namens Randfontein vir ons baklei.

In Cemetarystraat oorkant ‘n besigheid kan ons nie meer ry nie. Kom besoek asseblief môre die plek. Die mense in Railwaystraat ry nou aan die aankomende verkeer se kant sonder om te stop, want daar is mos nie ‘n stopteken nie – volgens hulle. Dan ry hulle op die sypaadjie by woonstelle voor aankomende verkeer in want hulle wil nie in gate ry nie.

Ons het al gebel en gesmeek. Ek het al gevoel om Rian van Jacaranda te bel vir hulp.

Waar is die stadsraadslede? Die gate is so diep.

Moet daar eers ongelukke en padgevegte plaasvind voor iemand sal intree?! Julle kan kom foto’s neem en dit ‘n voorbladstorie maak.

Asseblief, ons smeek julle nou om te help.

Ek hoop om binnekort te hoor wat julle met die Burgemeester en Raad uitgerig het.

Corrie, ons gaan altyd uit ons pad om die gemeenskap se saak te bevorder. Ons het telkemale berigte geskryf oor die situasie by die besigheid waarvan jy praat, en sover ons bewus is, word die pad in fases reggemaak. Besoek ook ons webwerf se munisipale afdeling vir verskeie artikels oor slaggat-kopsere. Die mees onlangse een oor Pelzvale is skokkend. Intussen sal ons volgens jou versoek aan die werk spring. — Red.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version