Opinion

Oplossings vir straatsokkerspelery

Ter oplossing graag die volgende voorstelle aan die owerhede ...

Daar bestaan vele opsigtelike oplossings vir straatsokkerspelery, wat knaag aan die senuwees van bekommerde motorryers en vredeliewende inwoners van Toekies.

Die diepbeswaarde trokdrywer van Andrews Transport (bekend as Adam) het al sy griewe, breedvoerig met die verkeershoof bespreek.

Enrique Bhana van Wawa het amper alle vername strate as probleempunte geïdentifiseer en gekwelde ouers sit met hulle hande in hul hare.

Ter oplossing graag die volgende voorstelle aan die owerhede:

Die oop vlakte vanaf die hoërskool wat strek tot by ‘Verries’, kan ter verligting skoongeskraap word en as sokkerspeelvlakke voorgestel word (iemand let tog op!) vir gefrustreerde jeugdiges, aangesien die sportstadion buite bereik is, en hulle onder ouerlike gesag nie ver van die huis af mag speel nie.

Hierdeur kan die jeug self die doodsgevaarlike oop vlakte, wat rommelstrooiery aanmoedig, skoon hou as hulle sou toegelaat word om wettig hier sokker te speel. Selfs die doodsgevaarlike oop vlakte langs die Ebenaezer Kerk kan ook sinvol benut word in dié verband.

Ongetwyfeld is sokker ‘n algehele afleiding weens ‘n gebrek aan alternatiewe aktiwiteite wat lei tot dwelmmisbruik en straatdobbelary.

Selfs die ontstigte mnr Les Edwards oorkant die munisipale ruïnes, sal hom hieroor verbly omdat selfs sy waghonde pesverspreiders nie meer afskrik nie.

Related Articles

Back to top button