Die platteland het stad toe gekeer …

Met die hervatting van die straatdiens op Sondag die 24.06.2018 voor my deur, het omstanders aan hierdie vrye aanbiddingsorde deelgeneem en terdeë geniet.

Te midde van algehele gerugte rondom selfverryking en welvaartinisiatiewe binne charismatiese kerke het die hernieude Bethel Prayer Centre, onder leiding van die jeugdige apostel Florenzo Kok, danksy die goedhartigheid van die diepgelowige burgermeestersvrou, Ntsiki Khumalo ‘n heel nuwe rigting ingeslaan.

‘n Voedingsverligtingskema en sopkombuis op Woensdae by die sakesentrum – hulle aanbiddingsplek – is op rekord die eerste plaaslike Pinkstergenootskap wat die toon aangee in dié verband

Hulle spog ook met ‘n ten volle toegeruste Evangeliese aksiegroep in die persone van biskop Kok, pastore Wally Davids, Lucky White en Anthony Kok, onmisbare jeugevangeliste, Malvern Anderson en Granville Morgan (my gunsteling woordbedienaars) en ook leraarbroer Mdlalo en ouderlingsuster Mattews; opmerklik ook aktiewe diakens en ouderlinge.

Geen kerk kan onder diesulke toegewyde geestelike leiding ontspoor en hulle weer aan nuttelooshede vergryp nie. Nuwe byvoeginge tot die bediening word aangemoedig om ook deel te word van die aanbiddingspan met die Noord-Kaapse jubel- en koordansstyl. Daar bestaan dus geen verskoning meer vir ledigheid onder gefrustreerde jeugdiges nie.

Met die hervatting van die straatdiens op Sondag 24 Junie voor my deur, het omstanders aan hierdie vrye aanbiddingsorde deelgeneem en dit terdeë geniet. Die platteland het stad toe gekeer …

Selfs bedreiginge van beurtkrag en ongure reënweersomstandighede was ten aanskoue deur luide openbare gebede gestuit. Selfs die ‘skuim van die samelewing’ het hulle onder trane aan die oliegevormde kruis op die teerpad simbolies toegewy. ‘n Deurbraak!

Pastoor en apostel Florenzo het ‘n beroep gedoen op gegoede gelowiges en sakeondernemings om die doelwit te steun en die samelewing van alle boosheid te bevry.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version