Sesjarige inderdaad ‘n juweel!

Die sonligkind lewe onder ons, is lief vir haar troeteldiere en speel gemaklik met al die kinders in die buurt, sonder neusoptrekkery – eienskappe van 'n toekomstige leier.

Anisha en Albon Bampton in Leeubekkiestraat (‘soentoe’-geweste) is nie juis welgesteld nie, maar is dubbelvoudig geseën in die vorm van hul uitstralende sesjarige modelkind, leerder en kinderlike ambassadeur van Hartzstraat Primêre Skool: Shanna Bampton.

Die wonderkind het reeds vele erkenningsertifikate as opkomende model ingepalm en volgens beoordelaars van TPF Arts en Culture-akademie, haar skermvleuel en agentskap, is sy sowaar onoortreflik in gesprekvoering, hedendaagse kleredragstyle en modelparades (die loopplank).

Hierin het haar ouers met vooruitsigtinge, sonder enige terughouding in haar belê met die oog op die toekoms.

Die sonligkind lewe onder ons, is lief vir haar troeteldiere en speel gemaklik met al die kinders in die buurt, sonder neusoptrekkery – eienskappe van ‘n toekomstige leier.

Die kritici beskou haar as ‘n kind met durf en bereidwilligheid om te leer. Sy benodig slegs ‘n bietjie slypwerk aan haar karaktertrekke. Haar pragglimlag en skoonheid kan hier die deurslag gee.

Op Saterdag, 9 Mei 2018 het sy deelgeneem aan die Juffrou Winter-kompetisie met die oogmerk om armoedeverligting te skep teenoor ander verontregte kinders en het sy ‘n magdom van ouers bloedig beskaam.

Inderdaad ‘n juweel!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version