Ek’t ‘n oplossing vir die munisipaliteit

Hy of sy sal dan moontlik die gehawende toestand van Randfontein waarneem.

Ek het ‘n oplossing vir die Rand West City-munisipaliteit.

Aangesien ons as die verbruikers die munisipale amptenare se salarisse betaal en hulle nie die werk kan doen nie, stel ek die volgende voor …

Gaan meld aan by ‘n plek waar julle gesonde verstand kan kry. Indien dit te moeilik is, stel dan iemand aan wat gesonde verstand het. Dié persoon behoort dan te weet dat onderhoud van die infrastruktuur uiters belangrik is.

Laat dan jul oë toets. Staan dan sommer bakhand vir ‘n bril, dalk kry julle dit verniet. As dit nie help nie, stel dan iemand aan wat kan sien.

Dié persoon behoort dan die gehawende toestand van Randfontein waar te neem.

Brief verkort — Red.

 

Exit mobile version