Opinion

Waterkrane word in my erf gesteel!

Ek het ook 'n hele paar mense met dieselfde probleem teëgekom.

Ek het ‘n klagte. Ek bly in Culemborgpark. Een Sondagoggend staan ek op om klaar te maak vir kerk. Maar daar is ‘n probleem. Ek het geen water nie. Ek gaan stel toe ondersoek in, net om te sien iemand het die hoofkraan buite my erf toegedraai.

Toe ek die kraan oopdraai, spuit daar ‘n stroom twee meter die lug in.

Iemand het my kraan met pyp al heeltemal uit die grond gedraai. Ek het ook ‘n hele paar mense met dieselfde probleem teëgekom.

Die mense wat dit doen is slim. Hulle draai eers die water toe en doen dan hul werk.

Ek wil mense in Culemborgpark, selfs in Beatricelaan, waarsku sodat hulle nie met dieselfde probleem sit nie.

Wees asseblief op die uitkyk vir sulke mense.

Related Articles

Back to top button