Opinion

Almal pêlle van Toeka af!

'n Interessante politieke, stemwerwingstormloop kan met die aanloop tot die nasionale verkiesing in 2019 hier verwag word.

‘n Interessante politieke, stemwerwingstormloop na die buite verband ‘Strooisels van Afrika’, die sodanige Kleurling-‘gemeenskap’ (soos deur wyle Mamma Winnie by geleentheid hier kwytgeraak het) kan met die aanloop tot die nasionale verkiesing in 2019 hier verwag word – selfoonpeste inkluis.

Ons is rare bedmaats van byna alle politieke partye en individuele geleentheidsoekers … om te wat?

Vierjaarliks versterk hulle normaalweg hul buit en lusse, vir selfverrykende doeleindes. Byna alle entoesiastiese politieke vryers het al in die verlede klippe op ons dak kom gooi op soek na ‘n kersopsteekkrakie by die politieke speelbal van die samelewing: ons!

Tokyo Sexwale het destyds al sy kinders as toegangskaartjie gebruik by die gemeenskapsaal ter wille van partysteun omdat hulle kwansuis ook bushies is (veralgemeen). So ook sy eweknie, die nasionaliteitsverwaarde Robert McBride … politieke vernuftigheid.

Skreeusnaaks was die ontslape ANC-grootgees, mnr Walter Sisulu aanvanklik Mnr ‘Dickson’, en moes hy weens die stryd van sy familienaam afstand doen. Xtik!

Ons het heel onlangs versoen met ons ‘swart’ familie van Tembisa, mnr Ngamula Dickson en sy sjarmante kinders. Ongetwyfeld Dickson. My gestorwe vader, kaptein Zondi Dickson, ‘n oudtaxibestuurder en oorlogsveteraan het destyds ‘n vreemde taxi-vriendskap gekoester met die ontslape oudpresident Nelson Mandela in die voorstede van Johannesburg gedurende die een se ontvlugtingseskapades tydens die grootskaalse Rivonia-polisiesoektog na die ‘sondaars’.

In samewerking met my pa het hy nooit sy taxigelde betaal nie. Ter bevestiging kan u gerus navraag doen by die oorlewende Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu, ‘n oudonderwyser van Munsieville en Monument-township waar ons toentertyd in harmonie saamgelewe het. Die Groepsgebiedewet en gedwonge verskuiwings het ons vervreem. Almal pêlle van toeka af!

Related Articles

Back to top button