In my herfsjare
omvou ouderdomsblare
‘n seisoen van verandering
bring liefde se voorbereiding
tot nuwe nuutmaak
U Asem wat oor my waak
geskilder tot ‘n nuwe seisoen
as U Gees opnuut my kom versoen
al is my liggaam vol plooie
is my hart en siel, U mooie
my oë nou dof en swak
maar U Woord, op my hart se rak
met ore wat nie lekker kan hoor
maar my stem, nog vir U tot koor
bring U, nuwe nuut in my hart
verdwyn swaarkry se smart
verander U Gees my gedagtes
vergeet ek van al my klagtes
op herfshande sal ek swerf
met aankoms tot U tuistes-werf
maak ouderdom glad nie saak
U sal altyd oor my waak
in liefde is ek sondaarmens
nog steeds U hartewens
U’t my gevind
ek, U lieflingskind
dankie Heer, al is ek ‘n herfsblaar
U skepping in my, volkome klaar
vergewe seblief vir my
bly vir altyd hier by my
ek, roesgeel-oranje-bruinblaar
deur U geskilder, onvoorwaar
net ‘n bejaarde, ongeëwenaar
God se skeppings, tot dié siel bewaar!