Dankie Herald, namens burgemeestersvrou

Ntsiki Khumalo bedank julle opreg vir jul ondersteuning en teenwoordigheid tydens die inhuldiging van die West Rand Gospel Choir.

Namens die koor wil Ntsiki Khumalo die Herald opreg bedank vir hul ondersteuning en teenwoordigheid tydens die inhuldiging van die West Rand Gospel Choir op Vrydag, 4 Mei.

Daar was bykans 250 mense by die inhuldiging – 220 gaste plus die koorlede, die orkes en al die ondersteunende personeel. Die geleentheid was ‘n dawerende sukses!

Mev Khumalo spreek graag haar en die koor se opregte dank uit teenoor die Wes-Rand Streek vir almal se gebede.

Die volgende optrede van die West Rand Gospel Koor is tydens die besoek van dr Isak Burger by die AGS Groen Weivelde op Sondag, 20 Mei tydens die aanddiens om 6nm. AGS Groen Weivelde is geleë by Swan Crescent 4, Greenhills, Randfontein.

Die koor is baie opgewonde om by die AGS Groen Weivelde te kan optree, want musiek kan baie verskille oorbrug, soos dié tussen die onderskeie bevolkingsgroepe. Musiek wat die hartsnare roer het ‘n genesende uitwerking op ‘n mens se gees.

Deur musiek bewerkstellig ons Hemelse Vader genesing en oorwinning in mense se lewens.

Exit mobile version