Opinion

Die skrif is aan die muur!

Ons is nou die nuwe agtergeblewe gemeenskappe, asof ons al ooit 'n ander rol vervul het ...

Alle paaie lei na Rome, behalwe vanaf Toekies waar vername uitgangstrate met óf sandhope óf onbewaakte rommelstrooiery versper is.

Hierdie roetes het gedien as geleiers vir voetgangers na lewensnoodsaaklike diensbestemmings. Daar bestaan vele opmerklike voorbeelde hiervan …

Pearlstraat wat aansluit by Verries, die verkeersafdeling, sakegebiede en die nasionale pad. En ook Stormrivierstraat, die ‘weg van alles vlees’ na die begraafplaas wat dalk ‘treffend’ in ‘n onrespekvolle rommelophoping eindig.

Komatirivierstraat by die RSS-skool, die kortpaddeurgang na die sakegebied en die ‘Lottie’ is ook nou onbegaanbaar vir veral motorryers. Daar is ook geen verbindingspad tussen Uitbreiding 2 en die ou Toekies nie, en hier moet voetgangers hul atletiese verspronge ken oor lopende rioolafval op veral reëndae, soos amper in die algemeen die geval.

Die deurlopende woonbuurt is in ‘n algehele chaos gedompel onder klaarblyklike vertroostende dienslewering op onkoste van die steunpilare van die stelsel, naamlik diensbetalende inwoners.

Weens kortsigtigheid deur die saamgesnoerde munisipaliteite is die ‘andersgekleurdes’ heel uit die oog verloor.

LW: Geen opruiende aanhitsing word hiermee bedoel nie en tog is die moontlikhede onafwendbaar, soos vroeër die geval was. Niemand stel weliswaar meer belang in die welvaart of ineenstorting van die gemeenskap nie. Politieke vuilspel! Die skrif is aan die muur! Ons is nou die nuwe agtergeblewe gemeenskappe, asof ons al ooit ‘n ander rol vervul het …

Related Articles

Back to top button