Daar is lig in Toekies!

Opmerklik was dit amper een van die massiefste opelugdienste in 'n lang tyd met amper alle pastore en evangeliste van Toekies teenwoordig.

Sonder enige vooroordeel, woede of angs, het geïnspireerde gelowiges van die charismatiese Bethel Gebedsentrum (voorheen ‘Ou Pando’ se slaghuis) toegerus met die Woord, in alle vasberadenheid doelgerig op die geplaagde ‘vierhoeke’ toegesak (met permissie voor my deur).

Hul uitsluitlike doel was om die Woord aan almal te bedien en met Noord-Kaapse musiekbegeleiding ‘Die mure van Jerigo’ wat alle boosheid omring, te laat tuimel.

Ooreenkomstig die woorde van Jesus teenoor die openbaar veroordeelde owerspelige vrou, “Ek veroordeel jou ook nie vrou, gaan heen en sondig nie meer nie,” het vorige hoekbewoners die jeugdige broeders Melvin Louw en die meester motorwerktuigkundige Wally, die skriftuurlike opdrag uitgevoer: “Ons is hier om vir almal te bid. Ons het hier gebly, in strate rondgeslinger van dronkenskap en daggapype gerook, daarom veroordeel ons niemand.”

Na gebede vir die geknaktes, sommige met selfmoordneigings, is daar Bybelgewys brode aan die selferkende behoeftiges verskaf.

Die reaksie van die bywonende inwoners was, “Ons is met die hel oorval broeders, bid julle tog vir ons en keer tog weer”.

Die bywoningsgetal groei nou met oorweldigende toestroming. Hierteenoor het die kerkafvaardiging summier besluit om die hoek as God se plek herinbesit te neem. Daar gaan nou op ‘n vasgestelde wyse dienste op Sondagmiddae om 4nm gehou word. Opmerklik was dit amper een van die massiefste opelugdienste in ‘n lang tyd met amper alle pastore en evangeliste van Toekies teenwoordig.

Ons sien land! Daar is lig!

Exit mobile version