Dankie uit die diepte van my hart!

• Isabel Coetzee skryf:

Ek wil graag die volgende persone en instansies uit die diepte van my hart bedank vir hul vreeslike harde werk tydens die twee waterinsamelingsveldtogte. Sonder enigeen van hulle sou ek dit nooit kon doen nie.

Julle almal is wonderlik en het my gehelp om saam met oom Hendrik van Wyk ons medelandgenote te help waar moontlik.

Carmen Fourie van Cargo Logistics in Aureus vir die vervoer vanaf die hele Wes-Rand na haar perseel en die gebruik van haar bergingsgeriewe

Tambotie Mall vir die berging

Ben Morgenrood Motors vir hul skenking

Laerskool Avante vir hul skenking

Laerskool Rapportryer vir hul skenking

Faan en Elize Coetzee (my ouers) vir die skenking, berging en vervoer

Zach van Greuning & Kie (my seun) vir vervoer

Lindley van Greuning (my skoondogter) vir haar skenking

Oasis water Greenhills vir hul skenking

My man Fred vir sy skenking, vervoer, geduld, vreeslik baie ondersteuning en harde werk

Die drie kleingoed op die foto – van links Ricardo Brits, 2, Simone Brits, 4, en Ouma se Pop Lilly van Greuning, 2. Hulle het baie hard gewerk (gespeel) om vir Ouma die waentjie vol te laai.

Die water is soos volg versprei: Kaapstad 30 000 liter; Vredenburg 17 000 liter; Brackenfell en Bellville 34 000 liter; Carnarvon 17 000 liter en Beaufort-Wes 17 000 liter.

Randfontein en sy mense het gehelp om nagenoeg 100 000 liter bymekaar te kry!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version