Opinion

Vreemde politieke stilte in ons buurt

Dit verklaar die tipe van vertraagde dienslewering.

Daar heers ‘n vreemde politieke stilte in die buurt weens volgehoue stilswye van aangewese munisipale toesighouers.

Inwoners lek nou hul wonde na die onlangse sinnelose oproer in Toekies waartydens die munisipale kantoor algeheel verwoes is. Dienslewering is hervat en weer verslap, en plek-plek het herteerwerke weens swak beplanning die opdamming van reënwater eerder vererger, soos by die mensgemaakte opgaardam by die sakesentrum.

Spelende kinders het die chaos benut en met buitebande die opdamming in ‘n speelpoel omskep. Die somer is amper ten einde en steeds word daar gegis oor die opening van die binnemuurse sportkompleks en swembaddens.

Daar word nou gespot dat die beloofde swembad verskuif het, met skertsende verwysings na vuurblussende baddens in geval van nood.

Sakemense by die slaghuis het hulle misnoeë te kenne gegee oor swak vakmanskap. Dalk moet ‘n voltydse opsigter hier aangestel word om die tuindienste te onderhou. Weens die afwaartse ligging van die woonbuurt is ons geplaag met gronderosie wat lei tot slaggate, oop mangate en onbedekte elektriese kabels.

Die beplande verwydering van asbesbedekkings en die oorgangsbrug tussen Verries en Toekies het ook deur die mat geval.

Politieke wegbeweging deur die gemeenskap na opposisiepartye word deur die regerende party as hoogverraad bestempel.

Dit verklaar die tipe van vertraagde dienslewering.

Related Articles

Back to top button