God is goed! Alliepad!

Hy't verligting geskep in 'n probleemgesteisterde area, op ons hoek.

Paul Dreyer, ‘n geesdriftige ontwaakte jongeling van die Nasarener Kerk in Toekies (vroeër die Jehovagetuie Raadsaal) het ‘n uitstekende ontbrekende (naasmy) skoonmaakdiens indringend van stapel laat loop.

‘n Vullistrolliewassery en disinfekteringsdiens ter wille van kiemebestryding en siekteblootstelling, kompleet met sy eie aangekope skoonmaakmiddels, werktuie en anti-diefstalbemerking.

In samewerking met Wawa (Enrico Bhana), die gesondheidsdepartement, alle kerke en openbare instansies beoog hy hiermee om ander jeugdiges te ontmoedig van vernietigende en nuttelose aktiwiteite soos dwelm- en alkoholmisbruik (alle boewery).

Sy oogmerk is om werklose tieners liewer by gemeenskapsbou te betrek en hulle in kerklike bedrywighede te aktiveer. Daar bestaan vele vakante werksgeleenthede in ons gemeenskap by amper alle kerke, opvoedkundige instellings, snoepwinkels en verswakte bejaardes.

Hy sal aan hulle dienste verskaf by erkende probleempunte soos hoofsaaklik Safraanstraat … die ‘Vierhoeke’, reg voor my ouerhuis, op Vrydagmiddae na vullisverwydering. Inwoners hoef slegs die vermelde instansies te kontak vir hulpbystand.

Dit is bemoedigend om die yweraar te sien werk. Hy’t verligting geskep in ‘n probleemgesteisterde area, op ons hoek.

Sy reaksie teenoor my was … “God is goed! Alliepad!”

Exit mobile version