My wenslys vir die munisipaliteit

Uit al die stadraadslede wat altyd die munisipale gebou so volpak moet daar tog een wees wat sê tot hier toe en nie verder nie.

Ek is bekommerd oor die stand van sake.

Ek wil tog nie so kla nie, want soms lyk’t vir jou jou klagtes val op dowe ore. Wel, hier gaan ons.

Vir die afgelope paar dae, of sal ek sê weke, kom en gaan die water. Een oomblik is daar water in die kraan, die volgende oomblik is daar niks. Wanneer die water weer lekker vloei is dit vuil.

Ek’t die voorreg gehad om een dag na die asgate toe te gaan. Wow … weet julle wat daar aangaan? Lees gou, die plek is toe. Jy moet net voor die plek se ingang regs draai, langs die zozo’s af ry en met outjies daar reël waar om jou gemors weg te gooi.

Nie almal het tyd daarvoor nie en los of gooi hulle gemors langs die pad na die asgate toe. O vader, daai plek lyk sleg. Daar lê ‘n hele klomp water; seker ‘n pyp wat gebars het. Lyk soos skoon water wat aanhoudend loop. Ek dink dis hoekom onse krane droogloop.

Is nie asof daar elke tweede week, soos in ander gemeenskappe, in Toekomsrus huise gebou word wat druk op die pyplyne en die kragtoevoer sit hê nie. Of betaal ons die prys vir al die ontwikkelings wat al rondom ons aangaan?

My vraag is: Wie is dan verantwoordelik vir al die goed en waar is hulle? Moet ons eers siek raak van al die vuil water drink of wat? Kyk, na al die uitgawes wat ons gehad het oor die feestyd, nou nog skoolgelde en so aan, glo ek nie huishoudings het iets oor vir dokter toe gaan vir vuil water drink nie. Sal die munisipaliteit die skuldjie betaal? Ek glo min.

Kyk man, net soos met slaggate sê ek altyd: Hoekom moet mens inbel en briewe skryf, vergaderings hou, klipgooi en skel om gehelp te word of ‘n bietjie aandag te kry?

Die mense ry ook dan op die paaie, hulle drink ook die water. Of is daar iets wat ek nie weet? Sê maar …

My punt: Wanneer jy sien iets is nie reg en jy het die krag om dit reg te stel, hoekom doen jy dit dan nie? Nee man, regtig! 2018… jissie, mense weet wat moet gedoen word.

Wat ek graag wil hê gedoen moet word …

1. Maak weg met daai asbesdakke

2. Sit daai geysers op die dakke, soos wat al die ander gemeenskappe in SA het

3. Sny die blerrie gras wanneer dit lank is

4. Sit meer ligte in. Die strate is donker in die aand

5. Bou ‘n nuwe huurkantoor, gemeenskapsaal, gimnasium, sokkerstadion asook laer- en hoërskool

6. Bou iets wat die kinders wat nie gimnasium en stadion toe gaan nie kan besig hou. Help die matrikulante van 2017. Help almal

7. ‘n Swembad asb

8. Huise, straatname, stoptekens en parke

9. Ontwikkeling, ontwikkeling, ontwikkeling moet die sleutelwoord wees vir 2018

Uit al die stadraadslede wat altyd die munisipale gebou so volpak moet daar tog een wees wat sê tot hier toe en nie verder nie.

Exit mobile version