Opinion

Is die ANC se nuwe groot kokkedoor ‘n goeie keuse?

Om dit doodeenvoudig te stel is Ramaphosa soos 'n kind met choobs in die diepkant van 'n swembad gegooi terwyl die res van die top ses buite gaan staan en kyk of hy kan swem.

Meeste Suid-Afrikaners weet dat Cyril Ramaphosa in die Feesseisoen as die nuwe president van die ANC aangewys is.

Maar, volgens berigte is die lede van die ANC se nuwe nasionale uitvoerende komitee (NUK) nie almal die ideale keuse vir die land of party nie.

Ramaphosa kan vergelyk word met ‘n kind wat met swemvlerkies aan die diepkant van ‘n swembad ingegooi word terwyl die res op die kant gaan staan en kyk of hy kan swem.

Hy is glo basies ‘n ‘gevangene’ van sy topbestuur en gaan, soos ‘n dagblad dit gestel het, “baie sukkel om sy verklaarde veldtog teen staatskaping en korrupsie gestalte te gee” omdat hy die lede van die NUK se toestemming daarvoor nodig het.

Daar is dus lede wat sy besluite – byvoorbeeld om Zuma voor die einde van sy termyn te herroep sodat daar teen hom opgetree kan word – moontlik kan beïnvloed. Die vraag is of hy dit gaan toelaat en of hy in die beste belang van Suid-Afrika gaan optree.

Besoek gerus South African History Online [https://www.sahistory.org.za/people/cyril-matamela-ramaphosa] vir ‘n profiel oor Ramaphosa.

Is die nuwe ANC-president en sy bestuur goed of sleg vir die land? Laat weet ons hoe jy hieroor voel deur ons te epos na randfonteinherald@caxton.co.za.

Related Articles

Back to top button