Mens word oral uitgebuit

Waarvoor gaan jy volgende week betaal? Vir water om die toilet te spoel?

Ek is ‘n gereelde klant by ‘n groot supermark in Westonaria.

Ek het al telkemale hul publieke toilette gebruik en daar was permanent toiletpapier in hul badkamers. Jy betaal mos ‘n bedrag by die valhek om die badkamer te kan gebruik.

Was ek nou vir jou geskok toe ek die toilette wou gebruik en die sekuriteitsbeampte vir my sê dat ek eers van die toiletpapier moet koop wat afgerol en opgevou op ‘n boks voor die hek lê voor ek ingaan.

Dis uitbuitery. Jy betaal mos om in te gaan.

Waarvoor gaan jy volgende week betaal? Vir water om die toilet te spoel?

Maar ek sien ook oneerlike mense wat nie betaal nie. Hulle doen iets by die hek bo, dan gaan hulle net in – seker vriende van die sekuriteit wat seker verniet toiletpapier ook kry.

Ek rig dié vrae aan die supermark se eienaar: Is hy deel hiervan om nog geld uit mense te maak, of weet hy nie daarvan nie? Wat gaan daaraan gedoen word?

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version