Opinion

Weer lus vir die lewe, dankie Wynand!

Die Herald kan gerus maar weer 'n onderhoud met hom voer.

Ek’s nie trots om dit te erken nie, maar ek het by die nuwe mall in my kar gesit en huil oor ek probleme by die huis het en net ‘n bietjie moes ontsnap.

Waarop ek wel trots is, is dat daardie sekuriteitsmannetjie wat laas in die koerant was, aan my venster geklop het en gevra het of alles reg is.

Ek is ‘n 74-jarige vrou en kan vandag opreg vir hom dankie sê, want vir ‘n jong man het hy so baie vrede in sy hart. Hy het amper 15 minute lank met my gepraat en my weer ‘n lus vir die lewe gegee.

Die Herald kan gerus maar weer ‘n onderhoud met hom voer. Ek sal graag meer oor hom wil lees.

Dankie Wynand, ek sal jou altyd onthou. Jou woorde is so sag.

Related Articles

Back to top button