Opinion

Waar’s Toekies se voormalige kampioenboksers?

Dis die knellende vraag op almal in Toekies se lippe deesdae.

Die knellende vraag op almal in Toekies se lippe deesdae is: Waar is ons voormalige kampioenboksers en waarmee is hulle tans besig?

Wel, ons boksabassadeurs het nie die stryd gewonne gegee nie en veg nou in ‘n ander moeisame hoedanigheid om kinkels in die kabels te ontrafel en lewenspunte te heg.

Treurig is Jan Bergman deur ‘n roekelose tref-en-trap motorryer op pad huis toe naby ‘n rotsbesaaide afgrond raakgery. Hy het in die proses veelvuldige kopbeserings opgedoen. Geen vuisvoosheid word vermoed na sy opname by die Sterkfontein sielkundige inrigting vir behandeling van sy ontwikkelde onbeheersde humeurprobleem nie.

Jan verkeer tans onder huisgebonde sielkundige waarneming hoewel hy steeds as afrigter en raadgewer vir opkomende boksers optree, nes die plaaslike veteraan boksafrigter Bokkie Martin.

Alladin Mean Machine Stevens (sy troetelnaam onder ons is Cheesy), vyfmalige verdediger van sy Old Buck Gin-eretitel, versorg deesdae sy kwynende moeder na die afsterwe van sy vader en sy broertjie Ralph ‘McGwaai’ Stevens.

Simon Ramoni, Malcolm Klassen, Jan Losper, Joseph White en Cheesy se neef verkeer steeds met hulle voete plat op die aarde en het slegs weens gebrek aan borgskappe en publieke belangstelling die handskoene opgehang en die handleidingboeke na die beheerliggame geslinger.

Related Articles

Back to top button