Vullissakke gee oord ‘n slegte naam

Ons sal dit opreg waardeer as die munisiapliteit dit kan opruim.

Op die hoek van Randfontein se hoofstraat en Maughamweg, net agter die verkeerslig, lê ‘n hoop vuilgoedsakke al vir maande.

Mense dink dit is die ouetehuis, Vriendskaptuiste, se gemors. Dit lyk sleg en lok rotte asook plae.

As bejaardes het ons nie meer die krag om dit op te ruim nie. Die munisipaliteit se vulliswaens ry weekliks in Maughamweg af. Hulle steur hulle nie aan die gemors nie. Los dit week vir week net daar.

Die inwoners (bejaardes) van Vriendskaptuiste is trots op hul tehuis vir bejaardes. Ons sal dit opreg waardeer as die munisipaliteit dit kan opruim.

Al die motoriste vanaf Johannesburg en Krugersdorp sien dit.

Dit gee ons oord vir bejaardes ‘n slegte naam.

Exit mobile version