Opinion

R’fontein en W’aria-vullisterreine ‘in haglike toestand’

Volgens toepaslike wetgewing en regulasies moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen wat betrekking het op toegangsbeheer, stortingsregulasies, lisensiëring, brand­regulasies, omheining en rehabilitasie.

AfriForum het vandeesmaand vullisterreine in sowel die Vaaldriehoek as die Wes-Rand geoudit as deel van dié burgerregtewaghond se nasionale projek om die stand van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal.

Tydens die oudit word vullisterreine in dorpe waar AfriForum-takke het, aan die hand van 33 vrae gemeet om te bepaal of daar aan nasionale standaarde voldoen word.

Volgens toepaslike wetgewing en regulasies, onder meer die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van 2008, moet ’n vullisstortingsterrein aan bepaalde vereistes voldoen wat betrekking het op toegangsbeheer, stortingsregulasies, lisensiëring, brand­regulasies, omheining en rehabilitasie. Die meerderheid vullisterreine wat AfriForum in die Vaaldriehoek en Wes-Rand geoudit het, het egter nie die 80-persentslaagsyfer gehaal nie en is dus nie op standaard nie.

‘n Deel van die Westonaria-stortingsterrein. Foto verskaf.

Aan die Wes-Rand staan Westonaria op 47 persent en Randfontein op 33 persent.

Onder die algemene probleme wat AfriForum tydens die oudit ondervind het, is dat mense op die vullisterreine rondloop en woon – wat ’n reuse gesondheidsrisiko inhou – asook die gebrek aan instandhouding van omheinings en hekke by die terreine.

AfriForum sal die proses deurlopend moniteer om te verseker dat vullisterreine wat tekortskiet op peil gebring word.

Related Articles

Back to top button