Wat soek jy in my motorhuis?

Die feesseisoen is om die draai en diewe gaan begin toesak.

Ongeveer drie weke gelede, toe ek niksvermoedend in my motorhuis instap, het ek iets gehoor en eers gedink dit is my bediende.

Ek het haar gevra wat sy doen, maar ‘n jong man se stem het my geantwoord, “I am looking for something”. Ek het dadelik besef dat dit nie my bediende is nie en in die huis ingestorm om die paniekknoppie te druk.

In die proses is die man oor ons hoë hek en weg voordat die sekuriteitsmaatskappy kon opdaag. Hy het sy sak daar gelos, wat reeds van my man se gereedskap in gehad het.

Mense, ek wil julle waarsku. Wees op julle hoede. Hou jul motorhuise se deure toe.

Die feesseisoen is om die draai en diewe gaan begin toesak.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version