Opinion

Keelvol vir geraas in W’aria

Ek vra asseblief dat die stasiebevelvoerder ondersoek instel, want hoekom is die polisie dan daar?

Ek woon in Westonaria. Dis nou elke naweek se storie dat die musiek van vroegoggend tot na middernag so hard by residensiële adresse gespeel word.

Jy kan nie eers in die gemak van jou eie huis na jou TV sit en kyk nie want die musiek speel dit dood.

Bel jy Westonaria-polisie (eerste oproep 5nm), sê hulle dat hulle iemand sal uitstuur, maar dit help nie eers nie want sodra hulle ry, word die musiek weer harder gesit.

Waar is die respek vir die polisie? Bel jy die polisiestasie weer dan is hulle onbehulpsaam. Vra jy vir hul besonderhede dan sit hulle die foon in jou oor neer.

Ek vra asseblief dat die stasiebevelvoerder ondersoek instel, want hoekom is die polisie dan daar? Kry asseblief iemand by jul noodoproepe wat behulpsaam is. Ons betaal grondbelasting maar moet sit met ‘n alewige geraas.

Baie dankie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button