Genoeg is genoeg

Dis een groot bedrogspul.

Ek wil weet hoe werk die volgende:

Jy skakel die Westonaria-munisipaliteit want jou kragkaartjie wil nie laai nie. Na vier uur kom ‘n elektrisiën met sleutels vir die slotte wat buite die kragbokse is. As hy die boks oopmaak, sê hy dat hy niks kan doen nie. Hy sê nie, … “want daar is met die boks gepeuter” nie.

Die volgende oggend kom sit hulle jou krag af en sê jy moet R5 000 peuterkoste en ‘n aansluitingsfooi betaal om jou krag weer aan te kry.

O, hulle neem ook ‘n foto van die binnekant van die boks. So sê my, watse geldmaakskema is dit?

Hoe kan jy met jou kragboks peuter? Dit word met ‘n slot gesluit. Hulle wys dan die foto van die boks vir jou want jy het mos kamstig daarmee gepeuter.

Hoeveel mense word nie so deur die munisipaliteit gevang nie? Ek staan met my hande in die lug en vra hoe betaal jy daardie geld as jy juis op krag staatmaak om geld in te bring?

Die foto is net ‘n gewone foto van hoe die boks binne lyk. So hulle kan teen enigiemand valse eise maak.

Dis een groot bedrogspul.

Exit mobile version