Opinion

Gevaarlike etniese konflik heers

Daar word uit verskeie oorde aanbeveel om versigtigheidshalwe afgesonderde oop vlaktes te vermy en eerder tussen beboude gebiede te beweeg.

Daar heers ‘n gevaarlike etniese konflik by die Randfonteinse stortingsterrein, bekend as die ‘Lottie’, en die eens vreedsame inkomstebron van vele werklose areabewoners is nou ontoeganklik weens ander geleentheidsoekers se onverdraagsaamheid teenoor andersgekleurde rassegroepe.

Weens bloedige geweld en terreingevegte deur die gemengde verstrooides hier, het drie vlugtende jongelinge van Toekies (regnaas die Lottie) onlangs nouliks aan die dood ontkom en by Wawa en die polisiekantoor aangeklop vir hulp.

Volgens hoofraadgewer, Enrico Bhana, stroom vele onthutste ouers hierheen vir oplossings, wat onder die huidige omstandighede onbereikbaar voorkom. Hy’t jeugdiges en werkloses gemaan om veiligheidshalwe die gebied te vermy en alternatiewe metodes aan te wend ter wille van oorlewing.

Die Lottie beskik oor allerlei kitskontantskemas soos skrootwerf- en herwinningsagente.

Die vlaag aanrandings en rooftogte het nou oorgewaai na die kortpad oop vlaktes van Toekies. Gemeenskapsbetrokke inwoners soos mnre Bokkie Martin, oudboksafrigter van onder andere Jan Bergman, taxi-eienaar Ruby Butler en sokkerentoesias Christo het byna gesneuwel onder die aanvalle van Jerigo-rowers wat met draaktande iewers skuil waar ruwe skuilplekke onvoorsiens wag.

Enige inwoner wat twyfel oor hierdie gerug kan gerus wyd navraag doen oor die onruswekkende werklikheid. Daar word uit verskeie oorde aanbeveel om versigtigheidshalwe afgesonderde oop vlaktes te vermy en eerder tussen beboude gebiede te beweeg.

Related Articles

Back to top button