Opinion

Raadop oor plakkers by Noordbrug

Kan iemand asseblief op hierdie onaanvaarbare situasie reageer?

Ek is al vir 25 jaar ‘n inwoner van Homelake en was nog nooit skaam om te sê waar ek bly nie.

Die afgelope paar jaar moes ek net toekyk hoe die probleem met die plakkers hier by Noordbrug hande uitruk. Dit lyk asof dié mense gekom het om te bly.

Wat die situasie nog erger maak is dat daar gereeld ou meubels by hulle afgelaai word en dat daar weekliks aan dié mense brood voorsien word, dus word hulle in hul kwaad gesterk.

Ek weet dis moeilike tye en die ekonomie is swak, maar asseblief, kan iemand nie iets aan die probleem doen nie? Hierdie mense word by die dag meer en intussen beïnvloed dit my eiendom se waarde. Die honde raak histeries oor die mense se geraas, veral in die nag. Die hele buurt se honde gaan aan die blaf sodra hulle die mense hoor, nie net myne nie.

Nog ‘n groot bekommernis is sanitasie. Daar is nie toilette of water nie en die reuk is erg, veral in die somer. Niemand kan so leef nie.

Ek is werklik raadop want niemand kry iets reg nie, nie eens die DA, AfriForum of die munisipaliteit nie. Ek weet nie meer wie om te nader vir hulp in hierdie verband nie.

Kan iemand asseblief op hierdie onaanvaarbare situasie reageer? Ek sal graag anoniem wil bly uit vrees vir viktimisasie.

Related Articles

Back to top button