Ons alma mater-heenkome verkeer nou in ‘n cul-de-sac

Oorspronklike verskuifdes van Toekomsville, Randfontein ou-lokasie en die Kaapse Kleurling Nedersetting (ons Hinterland en alma mater-heenkome) verkeer nou in 'n cul-de-sac wat betref hulle 'Toekoms' en 'Rus' waarna hulle uitgesien het.

Weens die kritieke behuisingstekort in veral Toekies, verkeer agterkamerbewoners noodgedwonge onder ‘n eindelose lewensdruk.

Ongelooflik bestaan daar tans meer krot-sinkplaatwonings op die agterhoewes van die meerderheid skakelhuiseienaars en dit lei tot struwelinge rondom diensteverbruik en betalingsaanspreeklikheid.

Aanvegtinge roteer meestal rondom die gebruik van waslyne of heinings, ongemerkte buitetoilette vir die gebruik van die algeheel, een enkele beheerkraan en oorhoofse stroombreker vir beide seksies. Dit verskaf hoofbrekings aan reparasiewerkers soos loodgieters en elektrisiëns.

‘n Munisipale werker in Roosstraat sit nou juis hieroor met ‘n sanitasie- en rioolprobleem, en wie vir die herstelwerk verantwoordelik is.

Daar bestaan ‘n wettige agterkamer elektrisiteitsmeter, kompleet met kaart vir eie aankope en is op navraag beskikbaar. Dit word deur die stadsraad goedgekeur op bepalings en voorwaardes om die verbruikgeskille tot die minimum te beperk.

Dit beklemtoon die nood van HOP-behuising en die frustrasie-optrede van die inwoners en word nou klaarblyklik met begrip aanvaar. Oorspronklike verskuifdes van Toekomsville, Randfontein ou-lokasie en die Kaapse Kleurling Nedersetting (ons Hinterland en alma mater-heenkome) verkeer nou in ‘n cul-de-sac wat betref hulle ‘Toekoms’ en ‘Rus’ waarna hulle uitgesien het.

Uit watter bronne sal hulle dit kry?

Exit mobile version