Opinion

Riool loop op drie plekke uit

Iewers moet daar 'n einde kom aan hierdie swak dienste van die munisipaliteit.

Waar kan ek hierdie gemors rapporteer asb?

Ek sukkel al drie dae lank (teen druktyd was dit Woensdag, 26 Julie) vir die munisipaliteit om mense uit te kry [om die rioolprobleem op te los]. Ek maak vyf tot ses oproepe na hulle toe elke dag. Dan word daar net gesê dit is gerapporteer. Maar niks gebeur nie.

Een van drie plekke waar riool op Heyneke se erf uitvloei. Foto ingestuur.

Ek moet meer betaal maar hulle kan mens nie help nie.

Hierdie is ‘n gesondheidsrisiko vir my kinders en my diere aangesien dit op drie plekke binne my erf en reg om my huis oorloop. Met daai reuk kan ons nie lewe nie. Die huis langs my is leeg, en daardie riool stoot ook op en loop in my erf in.

Ons woon al twee jaar hier en ons het gereeld hierdie probleem.

Een van drie plekke waar riool op Heyneke se erf uitvloei. Foto ingestuur.

Die eienaar het ons ingelig dit was ‘n boom se wortels wat dit vererger. My man het die hoof gaan spreek en die boom is verwyder. Maar nie die wortels nie. So nou sit ek steeds met die probleem.

Dit gebeur minstens elke tweede maand en dan moet ons hoe lank sukkel met die munisipaliteit.

Iewers moet daar ‘n einde kom aan hierdie swak dienste van die munisipaliteit.

Related Articles

Back to top button