Opinion

Dankie sekuriteitswag vir jou vinnige optrede

Ek wil mense net waarsku dat hierdie kriminele goed geklee is en glad nie lyk of hulle tot misdaad in staat is nie.

Die redakteur.

Hiermee wil ek graag die sekureitswag werksaam by Tony’s in Greenhills opreg bedank vir sy vinnige optrede op 10 Julie.

Ek wou gaan geld trek by ‘n OTM maar die masjien wou nie my kaart vat nie, toe gaan ek terug na my voertuig.‘n Onbekende man het my teruggeroep en gesê dat die masjien wel werk en dat hy besig was met sy transaksie. Daar het wel ‘n strokie by die masjien uitgekom terwyl ek gewag het.

Ek het weer gesukkel om my kaart in te voer en dis toe wat die onbekende man sy “hulp” aanbied. Hy het my kaart ingedruk en gesê ek moet my PIN-nommer intik. Op daardie oomblik het Robert (van onbekend), die sekuriteitswag, opgedaag en vir my gesê om niks in te tik nie. Die man wou nog argumenteer maar Robert het nie bes gegee nie en die man is daar weg.

Ek kon nie my kaart terugkry nie en het dadelik bank toe gegaan om dit te kanselleer.

In ‘n oogwink en sonder dat ek enige iets kon sien het hy my kaart gevat en is daarmee weg, maar gelukkig het Robert seker gemaak ek druk nie my PIN-nommer in nie.

Die volgende dag, 11 Julie, het ‘n onbekende persoon my laat weet dat hulle my kaart by die ‘roadhouse’ se garage opgetel het. Ek wil ook die persoon bedank dat hulle my in kennis gestel het van die kaart.

Ek wil mense net waarsku dat hierdie kriminele goed geklee is en glad nie lyk of hulle tot misdaad in staat is nie. Mens dink dit gebeur net met ander mense tot jyself ‘n slagoffer word. Ek was baie gelukkig dat geen geld uit my rekening getrek is nie.

Ek sê graag dankie vir Robert en mense soos hy se flinke optrede.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button