Opinion

Waar daar ‘n rokie is …

Al die rook trek in ons huis in ... dis 'n vreeslike reuk wat ons naar maak en kopsere gee.

Daar is ‘n huis Helikonpark waar plastiek en bokse een keer ‘n week in ‘n braaier teen ons grasafdak gebrand word – moedswillig …

Al die rook trek in ons huis in. Dis ‘n vreeslike reuk wat ons naar maak en kopsere gee.

Ons het diere en voëltjies op die erf en so ook mense rondom ons. Mooipraat en vra help nie meer nie. My pa het kanker en het alle suurstof moontlik nodig.

Ons is raadop. Met wie klaar mens dit op? ‘n Gesondheidsinspekteur?

Die vlamme wat gebrande plastiek maak is astronomies en dis teen die voëlpark. Mens kry rêrig nie asem in die huis nie, al is die vensters toe.

Help ons asb!

Related Articles

Back to top button