Opinion

Esidimeni: Bekommerd oor sloerdery van vervolgings

Die VF Plus wil weet waarom daar nog niks van hierdie ondersoeke gekom het nie.

Die VF Plus is bekommerd oor die sloerdery met die ondersoeke na die afsterwe van meer as 94 Esidimeni pasiënte vroeër vanjaar nadat dit in Johannesburg tydens ‘n mediakonferensie aan die lig gekom het dat die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag voete sleep met die ondersoeke.

Die finale getal pasiënte wat gesterf het, is nog nie bekend gemaak nie. Dit is onverstaanbaar waarom die ondersoeke sloer.

Die gesondheidsombudsman het tog al die name van die persone wat vervolg moet word in sy verslag genoem en uitgewys. Daar is geen rede vir die polisie en die NVG om hiermee te sloer nie. Ons kan verstaan as daar na nog skuldiges gesoek moes word maar die beskuldigdes is reeds op ‘n silwer skinkbord oorhandig.

Daar is families wat in erge rou gedompel is en antwoorde op hul onbeantwoorde vrae soek. Beloftes van vinnige optrede deur die minister en die Premier van Gauteng het tot dusver op niks uitgeloop nie.

Die beskuldigdes moes nou al gearresteer gewees het en in die hof verskyn het. Die VF Plus wil weet waarom daar nog niks van hierdie ondersoeke gekom het nie. Ons is bekommerd dat hierdie mense wat beskuldig word, dalk weer stil-stil in hul poste aangestel gaan word en dit mag onder geen omstandighede gebeur nie. Die beskuldigdes kan en mag nooit weer met mense se lewens vertrou word nie.

Dit het ook aan die lig gekom tydens ‘n sitting van die Gauteng Wetgewer, dat daar nog 29 pasiënte in die sorg van die onwettige nieregeringsorganisasies is. Dit is rede tot kommer dat hierdie organisasies nog enigsins na enige mense omsien.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button