Opinion

Nadine – Die Herald se nuweling

‘n Randfonteiner in murg en been het haar by die Herald aangesluit.

Baie opgewonde en met groot ambisie is ek trots om by die Herald aan te sluit.

Ek is ‘n Randfonteiner in murg en been en het hier grootgeword.

Ek het nog altyd ‘n groot liefde vir skryf gehad en het my joernalistiekloopbaan by die Krugersdorp News afgeskop. Ek het egter besluit om my horisonne te verbreed en om terug te keer na my hartsdorp, Randfontein.

Ek is baie opgewonde om die nuwe reis aan te pak en om my stempel af te druk. Ek is ‘n hartsmens en wil graag ‘n verskil maak in my gemeenskap.

Ek glo dat die reis vol opwinding gaan wees, daarom wil ek graag van elke lid van die gemeenskap hoor. As jy iets het om my te vertel, kontak my per epos by nadinem@caxton.co.za of skakel 011 639 3671.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button