Raadslid, kom lê asb by my besoek af

Daar was al verskeie klagtes aan die raad en Herald gegee.

Mnr Ellik de Lange.

Die burgemeester hou daarvan dat hy rondgery word en dan sien hy ook dele van die dorp (pot holy dorp).

U het hom nie die hartklop, die nywerheidsgebied van die dorp gewys nie. Daar’s omtrent nie een straat wat nie vol gate is nie. Fodenweg is ‘n sloot. Die firma Busmark het ‘n openbare pad soontoe versper met hekke waarvoor ons nie gevra het nie en ook nie toestemming gegee het nie.

Tekens word opgerig en versper die uitsig van voertuie. Na argumente is daar een verwyder. Dan praat ons nie eens van die slegte reuke en gesondheidsgevaar nie, en ook nie die waterbesoedeling nie.

Dan het ek ook ‘n eis teen die munisipaliteit vir ‘n bedrag van R4 710,65 op 16/02/2010, eisnommer 2010/15.

Meneer Alwyn van Tonder het die saak opgeneem en vir my gesê dat hulle gaan uitbetaal, maar daar het niks van gekom nie.

Meneer Leon Bosch sê luggehalte werk kommer. Hy’s reg, maar hy sal nie poog om rond te kyk en vas te stel waar dit vandaan kom nie.

Daar is al verskeie klagtes aan die raad en die Herald gegee. Ander instansies het al besoek afgelê en niks is gedoen nie. Ja Ellik, almal hoop daar sal veranderings kom, maar ek sê jou al verandering wat sal kom is die hoenders gaan die hoop omkrap. Kom lê besoek af by Commerstraat 3, Aureus.

Exit mobile version