Opinion

Die waarde van mislukking

Die manier waarop ons ons kinders prys kan hul selfbeeld beïnvloed.

Die manier waarop ons ons kinders prys kan hul selfbeeld beïnvloed.

Om te sê, “Jy is so slim” of “Jy is so goed in wiskunde” veroorsaak dat sukses toegeskryf word aan wie ons as persoon is, en nie ons pogings nie. As die kinders dan misluk, skryf hulle dit toe aan wie hulle is, en nie aan hul insette nie. Dit bepaal dikwels hoe die kinders hulleself sien.

Ons kry dan die tipiese verskoning, “Maar ek is nie goed in wiskunde nie” as die kinders sleg vaar in ‘n toets. Hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat hulle nie wiskundig aangelê is nie, hoewel dit dalk glad nie die geval is nie. Hoe anders sal dit nie wees as dit as ‘n leergeleentheid in plaas van ‘n sogenaamde etiket beskou word nie.

Ons kinders moet leer dat dit nie ‘n skande is om te misluk nie en dat dit ons nie minderwaardige of onbevoegd maak nie. Ons leer iets daaruit en dit laat ons as mense groei.

Beth Arky van The Child Mind Institute het beweer dat kinders vatbaar vir hoër vlakke van angs is as hulle nie weet hoe om mislukking te aanvaar en te verwerk nie. Met ander woorde, in dieselfde mate waarin dit ons plig is om ons kinders te help om sukses te behaal, is dit ook ons plig om ons kinders die lewensvaardigheid te leer hoe om mislukking die hoof te bied. Sy beklemtoon ook dat die onvermoë om mislukking te aanvaar en te verwerk, kan veroorsaak dat kinders moed opgee en selfs ineenstort weens frustrasie.

Dr Amanda Mintzer, ‘n kliniese sielkundige van The Child Mind Institute, het gesê dat die vaardigheid om mislukking te kan verwerk belangrik is sodat kinders meer onafhanklik kan word en op ‘n selfstandige wyse hul doelwitte in die toekoms kan bereik. Sê dus eerder iets soos, “Ek’s trots op jou. Jy werk so hard aan jou wiskunde.”

Related Articles

Back to top button