Onwettige rommelstrooiers, ek sien julle!

Wil julle dan so 'n diensverskaffer ondersteun wat deel is van 'n probleem in plaas van die oplossing?

Goeiedag. Ek het eendag ‘n tuindienstewerker gewaar wat tuin- en huisvullis onwettig net buite Greenhills naby die rioolaanleg stort. Dit wil voorkom asof hy al ‘n geruime tyd hier stort.

Ek het die dammetjie in 2015 ontdek. Dis is ‘n pragtige plekkie. In 2016 begin daar toe hierdie vieslike neiging om bou- en tuinrommel in enige veld te stort.

Ek het hom afgeneem (foto’s beskikbaar) en gevra hoekom hy nie die munisipale stortingsterrein gebruik nie en hy het gesê sy baas het gesê hy moet dit daar stort. Sy baas is glo tans in Maputo.

Hy vra geld om die erwe in die Greenhills-omgewing (waar ek hom al baie gesien het) te doen.

Wil julle dan so ‘n diensverskaffer ondersteun wat deel is van ‘n probleem in plaas van die oplossing?

Bereken maar die koste om dit te herstel as u weer in die veld of park loop en in rommel moet vaskyk.

Exit mobile version