Kan daar iets goed uit Toekies kom? ‘Ja’

Van die afgesaagde bespiegeling: 'Kan daar iets goed uit Toekies kom?' met die Bybelse konnotasie, is die teendeel bewys.

Van die afgesaagde bespiegeling: ‘Kan daar iets goed uit Toekies kom?’ met die Bybelse konnotasie, is die teendeel bewys.

Die veelsydige uithaler en meesterkitaarspeler Henry Hennebol Philemon van Rasta Rebels-faam, het verlede maand hier ‘n slag kom slaan met sy Keer huiswaarts-solokonsert by die gemeenskapsaal. Honderde het met trompetgeskal sy terugkeer toegestorm en terdeë geniet.

Hennebol is vergelykbaar met die grofgeskut van die jazz-establishment soos bv Earl Klugh, Eric Gayle en sy groot inspirasie, Jonathan Butler – nes Ricardo is hulle kerkkennise van ons.

Henry was destyds my medekitaarspeler in die roemryke groep Silóam, wat Bybels beteken: uitgestuur. Vanweë sy veelsydigheid het skouspel en roem al op negejarige ouderdom aan sy deur geklop. Inderdaad Godgegewe!

Hy is onlangs vereer met die Metro FM-toekenning vir nuwe Jazz-kunstenaar en die politieke gemeenskapsbesorgde, Hilda Lissabon (EFF) het namens die ‘Rusters’ ‘n gegraveerde muurhorlosie aan die duidelik emosionele Henry oorhandig in vriendskap en erkenning.

Dalk was sy terugkeertyd versin.

Bolle het afgeskop met ‘n Herb Alpert-verwerking en gevolglik komposisies vanuit sy nuut uitgereikte kompakskyf – voorwaar ‘n meesterstuk en persoonlik by my afgelewer. Dit het baie diep nostalgie by my verwek. TA! Bolle …

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version