‘Ek ken ‘n plek waar kwaadwilliges skuil’

Oortreders noem die sone die 'vierhoeke'.

• Desmond Dickson skryf:

Weens die bangeloosheid van kwaadwilliges en misdadigers het gekwelde inwoners van die gevaarlikste woonblok in Toekies buurtwagte aan my voorgestel.

Die sone van die L-vormige Plakkiestraat, asook Diamant- en Oranjerivierstraat, waar ek woon, word deur oortreders die ‘vierhoeke’ genoem. Verskeie kwesbare weduwees woon hier verskuil agter slot en grendel; met lemmetjiesdraad.

Dit is ook die area met die meeste uithangplekke (ses) en snoepwinkels (vyf) waar lediges gewoonlik ronddrentel met ‘n volmaakte resep vir misdadigheid. Dit het my broer, Jigis, genoop om veiligheidskameras op ons perseel aan te bring maar hulle het selfs die alarmstelsel gefnuik en lewensbelangrike toerusting en dokumente uit sy voertuie gesteel: kliëntelêers van SA Brouerye, waar hy as reisiger lank werksaam was, sy skootrekenaar, bestuurslisensie en selfoon.

Hy’t intussen afgetree weens hierdie gebeure. Selfs ek het ‘n gewisse hamerdoodaanval oorleef deur ‘n vasberade inbreker in my werkswinkel agter ons familiewoning.

Met die samewerking van Sonnyboy Louw, wat die jongspan afrig in gewigoptel, die ontstigte Mil Adams, ook ‘n slagoffer van diefstal, gaan [die probleme] nou by die horings gepak word.

Fluitblasers moet gehoor word en wetstoepassers moet gesien word.

Exit mobile version